Sunday 10 February 2013

STERREDENAARS
ATKV 2016
Redenaarstoesprake en Klaspraatjies
KLASPRAATJIES   MONDELING  KLASTOESPRAKE
Sterredenaars@gmail.com

GAAN PLAAS ASB U BESTELLING BY ONS NUWE WEBTUISTE
www.sterredenaars.co.za

NUUT!!
"Onvoorbereide toespraak pakket"
Gr 6 -7 beginnerskursus
R900
Leer stap vir stap hoe om onvoorbereide redenaars baas te raak.
Meer as 20 bladsye van metodes en geheime en idees oor hoe om die onvoorbereid te bemeester.
Aanlynhulp met 2 toespraak is ingesluit.
Ons wil hierdie metode uniek hou, daarom is daar slegs 'n beperkte hoeveelheid per streek beskikbaar.

NOU BESKIKBAAR BY STERREDENAARS:
Agv die groot aanvraag vir "goedkoper" toesprake vir die kind wat net intern by die skool wil deelneem aan redenaars, het ons nou toesprake teen R230 - R400

Toespraak teen R250 laerskool en R300 hoerskool.  (Geen waglys)
'n KLAStoespraak bestaan uit 'n inleiding, EEN  argument met volledige bron en 'n slot.
Hierdie toespraak verseker alleenreg  slegs in jou SKOOL.
Niemand anders in jou skool sal dieselfde toespraak lewer nie.
Jy kan egter nie aan die volgende ATKV rondte deelneem met hierdie toespraak nie.
Hierdie is NIE vir die ernstige redenaar nie.  Slegs vir kinders wat 'n goeie mondeling punt wil behaal.

Toespraak teen R350 laerskool en R400 hoerskool.(Geen waglys)
Hierdie toespraak gee jou alleenreg  slegs in die skool.
Dit is 'n volledige toespraak met 3 argumente.
Indien jy by die skool gekies word om verder deel te neem aan ATKV, sal u egter 'n ander toespraak moet kry.

Indien jy weet jou kind is 'n goeie spreker stel ons voor dat sy/hy nogsteeds die "Alleenreg in die LAND" toespraak bestel.
Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir kinders wat gediskwalifiseer word indien julle die kans vat om verder deel te neem met die goedkoper toespraak.

Die goedkoper opsies is daar om elkeen 'n kans te gee om 'n goeie punt te behaal sonder om duur pryse vir alleenregtoesprake te betaal.


ALLEENREG IN DIE HELE LAND R450 - R600 (Waglys 2-3 weke)
Gr 1-3            R450
Gr 4-7            R500
Gr 8-9            R600
Gr 10-12        R650


ATKV TEMAS 2016


GRAAD 1 TOT 3
1. Ledigheid is die duiwel se oorkussing
2. As die vlooi byt, moet jy krap
3. Elke haan is koning op sy eie mishoop
4. As twee hande mekaar was, word albei skoon
5. Om van ’n padda vere te probeer pluk


GRAAD 4 TOT 5
1. Bloed kruip waar dit nie kan loop nie
2. Die pap dik aanmaak
3. Wie wind saai, sal storm maai
4. Jou eie boontjies uitdop
5. Die oggendstond het goud in die mond
GRAAD 6 TOT 7 
1. Iemand se Achilleshiel
2. As die hoenders tande kry
3. ’n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke
4. Haastige hond verbrand sy mond
5. Elke bobbejaan het sy krans


GRAAD 8 TOT 9
1. Mens vang meer vliee met heuning as asyn
2. Elke man soen sy vrou op sy eie manier
3. Benoude katte maak benoude spronge
4. Dis maklik gese maar die eend le die eier
5. Die verste berge is die blouste

GRAAD 10 TOT 12
1. Adam se dis Eva en Eva se dis die slang
2. Hunker na die vleispotte van Egipte
3. Baantjies vir boeties
4. 'n Saak Blou-blou laat
5. Dis die klein jakkalsies wat die wingerde verniel




ATKV TEMAS 2015

   GRAAD 1 – 3
   Lekker is net ‘n vinger lank
   Een vrot appel steek al die ander aan   .   
   Kinders moet gesien word, maar nie gehoor word nie
    Oos, Wes, Tuis, Bes
   Met grysheid kom wysheid

   GRAAD 4 – 5
   Liewer bang Jan as dooie Jan
   Een swaeltjie maak nog nie ‘n somer nie
    Blaffende honde byt nie
    Buig die boompie solank hy jonk is
    Die een hand was die ander

   GRAAD 6 – 7
    Te veel hooi op jou vurk hê
    As dit pap reën, moet jy skep
    Elke dassie prys sy eie kwassie
    Geld wat stom is, maak reg wat krom is
    ‘n Boom gooi altyd ‘n skaduwee

   GRAAD 8 – 9
    Skoenmaker, hou jou by jou lees
    Klein baas beter as groot kneg
    Baie honde is ‘n haas se dood
    Bloed uit ‘n klip tap
    Met jou hoed in die hand kom jy deur die hele land

   GRAAD 10 – 12
    Dis die hand wat die wieg skommel wat die wêreld regeer
    As die klou uitsteek, is die leeu daaragter
    Waar die aas is, vergader die arende/aasvoëls
    Moenie hoera skree voor jy oor die brug is nie
    Volstruispolitiek

  
WAAROM STERREDENAARS?
·      Die inhoud van die toespraak  is baie belangrik.
·      Die toespraak EN bronne  moet op die kind se vlak wees.
·      Die inleiding en slot moet bymekaar aansluit.
·      ‘n Toespraak moet in n “praatstyl” en nie “opstel-vorm” geskryf word.
·      Die tema moet KREATIEF gebruik moet word om die onderwerp te formuleer. (hierdie tel ook  punte)
·      Jou 3 bronne moet jou  argumente ondersteun.
·      Die toespraak moet beredenerend en oortuigend  wees - Nie 'n inligtings-toespraak nie.

Sterredenaars Bied:
·      Toesprake wat  “getoets en getyd “ is.  n Toespraak moet nie te lank wees nie.   Dit verg meer tyd om n lang toespraak te verkort en verwerk as om net n nuwe toespraak te skryf.
·     GRATIS "Algemene riglyne en nuttige wenke vir die aanbieding van die toespraak"
·   
Prosedure om 'n wen-toespraak te bekom:
Opsie 1:
*Plaas u bestelling  by sterredenaars@gmail.com met n kort beskrywing.
*Sodra die bestelling ontvang is sal ek dit op die waglys plaas .
*Wanneer toespraak gereed is, sal ek u in kennis stel. . 
*Elektroniese betaling kan dan gedoen word.
Opsie 2:
Gaan na www.sterredenaars.co.za  en gebruik payfast om met jou kredietkaart te betaal.


KYK GERUS NA TOESPRAAK VOORBEELDE  OP STERREDENAARS SE WEBTUISTE

Ons bied ook: KLASPRAATJIES  EN MONDELING VIR GR 1-12
Elke termyn moet u kind n mondeling lewer... vir punte natuurlik.. 
Vir ouers raak dit n doring in die vlees...
Maar met sterredenaars hoef u nie meer te vrees!
Toesprake word geskryf volgens u voorskrifte.
Elke toespraak is uniek en lekker lig..op die kind se vlak.
Praatjies word gedoen in n gemaklike "praat-styl" met n tikkie humor en selfs n bron of twee indien nodig.
Gaan kyk gerus na voorbeelde op Sterredenaars se webtuiste.
~Ouers skryf soms te "hoog" vir die kind en dan raak dit 'n  bietjie "droog"....ons skryf oor dit wat kinders van weet en daarom gaan sy maatjies nie sy praatjie sommer gou vergeet~

Laerskool:
1-2 minute
Gr1-3    R200
Gr4-7    R250

Hoerskool:
2-5 minute
Gr8-9      R300
Gr10-12  R350

Alle voorbeelde op my webtuiste is "OOP" en almal het "reg" op daardie toesprake.
Hierdie is slegs voorbeelde  om te sien hoe Sterredenaars n toespraak skryf!!

NB!
Die volgedende inligting kan ons help met die skryf van U toesprake:
    Kind se ouderdom en geslag
    Waar is die kind woonagtig – landelik, stedelik, plaas, by die see, koshuis        of ander relevante domicilium. 
*      Skolasties – klein skool, groot skool of ontvang die kind tuisonderrig
       Wat is die kind se posisie in die gesin en hoe beïnvloed sy/haar broers/suster     hom/haar indien wel
         Sy/haar persoonlikheid, stokperdjies en passie
         Spesifieke voor- en  afkeure
         Idees van die ouer of kind aangaande die toespraak
         ‘n Beredeneerde onderwerp
         Vier stawende argumente
    
   L.W. :  Indien u nie ‘n onderwerp en argumente verskaf nie, aanvaar u volle verantwoordelikheid vir die toespraak en vrywaar u Ster Redenaars van enige eise of versoeke. Indien u wel enige versoeke aan Ster Redenaars rig om veranderings aan die toespraak aan te bring, sal dit addisionele onkostes tot gevolg hê. 
U is egter GEENSINS geregtig op ‘n volledige, nuwe toespraak nie.  Indien u versoek dat Ster Redenaars weer ‘n volledige, nuwe toespraak skryf, sal u weer aanspreeklik wees vir die koste van 'n nuwe toespraak.





Ledigheid, duiwel, oorkussing, vlooi, mishoop, haan, bloed